Friday, September 16, 2011

in Afrikaans: Die risiko om weg te val uit die genade.

Jesus het ons gewaarsku dat soos die lewe al meer uitdagend, moeilik, besig, gevaarlik en teleurstellend raak, sal die opregtheid van die gelowiges se verhouding met God ook meer en meer getoets word. Baie val weg uit die genade, omdat dit vir hulle al hoe moeiliker word om die Here prakties en konsekwent met oorgawe te dien.

Jesus sê self Mat 24: 12 – 14: En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

In hierdie eindtyd is daar gelukkig ook, volgens Christus se woorde, nie net diegene wat wegval uit die genade nie, maar ook baie wat gewen word vir ‘n volle toewyding aan die Here en sy werk.

Sommige probeer om elders ’n antwoord op lewens uitdagings te vind, en elkeen wat net ‘n oppervlakkige verhouding met Christus het, sal weggaan uit sy diens en aanbidding om op ’n ander plek ‘n “makliker” taak en makliker “evangelie” te probeer vind.

Maar daar is ook opregte gelowiges wat besef dat toegewyde oorgawe aan Christus die enigste pad vir ons is! Opposisie van die lewe in die Liggaam van Christus motiveer selfs sommige om met groter oorgawe deel te word van ‘n geloofsgemeenskap wat God onvoorwaardelik op sy Woord neem! So sal teenstand teen die Evangelie sommige se geloof opbou en ander se halfhartige oorgawe finaal tot niet maak.

As jy sedert vanjaar begin het, weggestap het van Christus se gemeente, omdat dit te moeilik en uitdagend vir jou geword het – en die persoonlike opoffering teveel geword het – kom maar liewer terug voordat jy alles verloor; veral jou roeping, jou liefdesdiens aan Christus en jou persoonlike groei as sy dissipel. Daar is nie meer baie tyd oor om die geestelike mislukkings van 2011 reg te stel nie. En die koms van die Here, is naby!

Mag jy geseënd wees wanneer jy terugkom om in die verloste Liggaam van Christus te leef en jy Hom dien met jou hele hart begin dien.

Stuur asb. biddend aan vriende en familie wat te moeg geword het vir die uitdagings om Jesus 100% te volg en makliker uitdagings en uitweë gekies het.!

No comments: